LYNNIES
WIE IS LYNNIES?
ONS VISIE
‘n Laerskool wat deur uitnemende begeleiding, gelukkige en gebalanseerde kinders ontwikkel wat die uitdagings van ‘n veranderende wêreld aangryp.
‘n Laerskool wat as voorkeurskool in die Ooste van Pretoria verrassend anders is deur:
- Die nastreef van ons gemeenskap se normes en waardes.
- Gebalanseerde kindgerigte begeleiding.
- Die skep van ‘n omgee atmosfeer.
- Persoonlike dienslewering.
- Die nastreef van hoë standaarde – Akademie, Kultuur en Sport.
- Toegeruste personeel wat ‘n verskil maak.
- Die nastreef van doeltreffende kommunikasie.
- Ondersteunende, deelnemende ouers.
ONS SKOOLWAPEN
Geskiedenis van die wapen (logo)
Die wapen van Laerskool Lynnwood is geskep deur Dr. OA van der Stoep. Die basiese simbool is die anker wat vir die vroeë Christene die HOOP versinnebeeld het.
Die skoolwapen stel die twee ankers HOOP en GELOOF voor, met die kruis as bindingstuk wat die LIEFDE, en dus die DIENS, simboliseer.
Die leuse, HOOP, GLO, DIEN vind sy oorsprong in 1 Korintiërs 13:13.
Die blou kleur verteenwoordig stabiliteit, vreedsaamheid en rustigheid. Dit is ook die kleur van leierskap.