Skip to content
SENIOR KOOR

Ons doel is om leerders se sangtalent en liefde vir musiek te ontwikkel, asook om deelname in groepsverband te bevorder deur aan kooroptredes en -kompetisies deel te neem.

Die koor bestaan uit 80 tot 100 lede van gr.4-7 leerders. Oudisies vir die opvolgende jaar geskied gedurende die 3e kwartaal.

IMG_2010

Ons het jaarliks ‘n koorkamp in Februarie waar ons hard werk, maar ook baie pret het. Koorfeeste en –kompetisies is daar om vir onsself uitdagings te stel. Om te presteer is nie die belangrikste nie, maar is tog ‘n beloning vir harde werk wat deur koorlede en –personeel ingesit word.  

ORGANISEERDER

 

SENIOR KOOR
SENIOR KOOR

ANINA MOSTERT Organiseerder