Skip to content

OMGEE

 OMGEE @ LYNNIES
Omgee @ Lynnies
Omgee @ Lynnies
Omgee @ Lynnies

OMGEE

 OMGEEFONDS
Omgee @ Lynnies

Die Omgeefonds word aangewend om kinders inalle grade wie se ouers dit nie kan bekostig nie,finansieel te ondersteun ten opsigte van:

  • Terapie (spraak-, arbeids-, lees-, spelterapie ens.)
  • Remediërende onderrig
  • Opvoedkundige sielkundige evaluasies en -terapie
  • Spesifieke behoeftes (skoolklere, sportklere ens.)
Omgee @ Lynnies

KOS

LYNNIES-KOSBLIKKIES

‘n Gesonde kospakkie word daagliks aan van ons Lynniemaats, wat ondersteuning benodig, verskaf. Dit sluit ‘n broodjie en ‘n nie-bederfbare produk in. Kontak vir Adri by 083 604 1185.

Omgee @ Lynnies
Omgee @ Lynnies

GEE GAWES

LYNNIES GEE GAWES
Omgee @ Lynnies

Daar is ‘n Whatsapp-groep waar daar hulp en ondersteuning vir sekere behoeftes gevra word. Indien u meer wil weet van hierdie groep, kontak gerus vir Michelle by 076 352 2037.

Omgee @ Lynnies
Omgee @ Lynnies

KLEREBANK

 KLEREBANK
Omgee @ Lynnies

Die klerebank voorsien tweedehandse skool-en sportklere. Dit word bedryf vanuit ‘n ouer se huis te Lindfield 98, Lynnwood Manor.

Daar word kwartaalliks ‘n Pop-up Shop by die skool gehou. Klere is gratis, maar indien ‘n ouer ‘n skenking maak, word dit aangewend vir die Omgeefonds. Kontak vir Kallien by 063 798 9731.

Omgee @ Lynnies
Omgee @ Lynnies

SKRYF

TWEEDEHANDSE SKRYFBEHOEFTES

Die Voortrekkers se Soetdoringkommando dien sy eie gemeenskap deur tweedehandse skryfbehoeftes in te samel.

Indien u ‘n dringende behoefte het aan skryfbehoeftes, rig asseblief ‘n versoek per e-pos aan omgee@lynnwoodlaer.co.za.

Omgee @ Lynnies
Omgee @ Lynnies

OMGEE

HOE WERK DIT?

Elke afdeling word deur ‘n geallokeerde persoon of span bestuur.

Indien u en u gesin, of indien u van enige iemand weet wat moontlik van bogenoemde behoeftes benodig, stuur asseblief ‘n epos na omgee@lynnwoodlaer.co.za.

U kan ook met u kind se voogonderwyser praat. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

Omgee @ Lynnies