Skip to content

Maryke Swanepoel

Maryke Swanepoel het beide haar gr. VIII klassieke klaviereksamen en gr. VI musiekteorie-eksamen (UNISA) met lof geslaag. Daarna het sy musiek studeer by die Universiteit van Kaapstad, waar sy gespesialiseer het in Jazzklavier en Klassieke klavier asook in Klassieke Begeleiding. In 2013 het sy die SAMRO-prestasiebeurs ontvang vir Uitvoerende Jazzklavier en in 2014 die tweede plek ontvang in die Nasionale Standardbank Jazz Jeugkompetisie in Grahamstad.

Maryke het vir twee jaar by die Houtbaai Musiekprojek, ‘n niewinsgewende organisasie, begeleiding gedoen vir ABRSM- eksamens van gr. I – VII, asook klavierlesse, gehoor en musiekteorie gegee vir laerskool- en hoërskoolleerders van die projek.

Maryke glo dat musiek die beste stimulasie vir `n ontwikkelende brein is, en sy is opgewonde om `n passie vir musiekwaardering, musiekuitvoerings en kreatiwiteit in musiek te ontwikkel by die Lynnies.