Juffrouens Liezel en Annetjie werk saam sodat leerders voordeel trek uit beide dosente se kennis.
Liezel Marais bied reeds vir 17 jaar die RAD (Royal Academy of Dance) sillabus aan. Sy het aan Pro-Arte gematrikuleer, verder studeer aan die Universiteit van Kaapstad en haar Ballet Teachers Diploma gedoen onder leiding van Rene Callis en Celeste Fair. Sy het opleiding in Anatomie, Balletgeskiedenis en Kindersielkunde en gedans onder juffrouens insluitend Nella van den Berg, Paula Olivier, Deanna Irvine, Esme Pretorius, Rosemary Rainier, Celeste Fair, Joy Cooper, Wendy Quarmby, Rene Callis and Nigel Hannah.
Sy is ‘n gerigstreerde RAD dansdosent en ook ‘n lid van die South African Dance Teachers Association (SADTA Modern). Sy het tans haar eie dansskool waar sy werkgewer is vir drie opgeleide RAD Dansdosente en is ook betrokke by Tyger Valley College, The Pretoria Chinese School, Star College en verskeie kleuterskole in die ooste van Pretoria. Sy is tans ook op die paneel van die Noord-Gauteng RAD Teachers Association. Sy het jare se ondervinding as danser en as Dansdosent en ‘n passie vir kinders.
Annetjie Herman het ʼn passie vir dans en dans al vandat sy 4 jaar oud is. Sy het al haar Royal Academy of Dance (RAD) ballet eksamens van Pre-Primary tot Advanced 2 suksesvol voltooi, waardeur sy haar Associate of the Royal Academy of Dance (ARAD) status verwerf het. Sy het ook moderne ballet klasse geneem en al die eksamens voltooi. Sy is ook ʼn lid van South African Body of Dance (SABOD) voorheen bekend as SADTA.
In 2009 het sy haar RAD Ballet Teacher Certificate ontvang en bied sedert 2008 ballet klasse aan saam met Liezel Boshoff. Sy bied ook ballet klasse by verskeie kleuterskole aan. Haar dans instruktrises sluit in TinaD’Artnall en mentors Rene Callis en Celeste Fair. Sy was op Hoërskool deel van ʼn semi-professionele dansgeselskap Youth Dance Company of Tshwane (YDCT) onder leiding van Sue Kirkland, Christopher Montague en Tanya Graafland en het in verskeie ballet produksies gedans. Sy het ʼn groot liefde vir kinders en geniet dit om te sien hoe hulle deur harde werk groei en hul doelwitte bereik