Dr. Bertha le Roux
Dr. Bertha le Roux is ‘n oud-leerder van Paarl Girls High en ‘n gesoute klavier en harmonie pedagoog, dosent, eksamineerder en beoordelaar. Haar formele opleiding het aanvang geneem op ouderom 5 en sy het haar eerste musiek kompetisie op 8 jaar gewen. Van daar het sy voluit aan haar musiek gewoeker en top van haar klas gegradueer in haar studies by die Univisersiteit van Kaapstad.
Sy het daarna verder studeer aan die Universiteit van Pretoria en het beide haar BMus Hons en MMus in klavier pedagogie Cum Laude gelsaag onder die leiding van Prof. Joseph Stanford. Dr. Le Roux behaal ook haar Klavier Onderwys Lisensiaat aan UNISA sowel as twee “Performers Licentates” van die Royal Schools of Music en Trinity College of Music, London. Sy het haar doktorale studies in 2010 voltooi onder leiding van Prof.Caroline van Niekerk.
Dr. Bertha het ‘n aktiewe lewe in haar musiek en, behawle vir haar UNISA verpligtinge, het sy ook ‘n privaat musiekstudio, Précis Musical Tuition & Theory. Haar onderrig op een-tot-een basis fokus op die bemagtiging van die student. Sy is ‘n baie ervare beoordelaar en beoordeel regoor Suid-Afrika. Sy skryf ook gereeld artikels vir geaktrediteerde musiek joernale en geniet reis en fotografie in haar vrye tyd.